GENESIS 19:9
GENESIS 19:9 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê die mans van Sodom vir Lot: “Gee pad!” En hulle sê vir mekaar: “Ons het hierdie man toegelaat om by ons te kom woon, en nou wil hy vir ons sê wat reg is. Ons sal nog slegter dinge aan hom doen as aan hierdie twee mans.” Hulle het tot by Lot gehardloop en hulle wou die deur oopbreek.
GENESIS 19:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe antwoord hulle: Gee pad daar! En hulle sê: Hierdie een het gekom om hier as vreemdeling te vertoef en wil tog gedurig die baas speel. Nou sal ons jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het sterk op die man, op Lot, aangedring en nader gekom om die deur oop te breek.
GENESIS 19:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe roep die mans van Sodom: “Gee pad!” En hulle sê: “Hierdie kêrel het as vreemdeling hierheen gekom, en nou wil hy regter speel. Ons sal hom nog meer kwaad aandoen as vir sy besoekers.” Hulle het vir Lot teruggedruk en nader gekom om die deur oop te breek.
GENESIS 19:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hulle het gesê: “Gee pad daar!” Verder sê hulle: “Hierdie man het gekom om as •vreemdeling hier te woon, en hy wil sowaar 'n oordeel vel! Nou sal ons jou meer kwaad aandoen as vir hulle!” Hulle het heftig aangedring by die man, by Lot, en nader beweeg om die deur af te breek.
GENESIS 19:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sê: Staan terug. En hulle sê weer: Hierdie een het ingekom om as vreemdeling te vertoef, en hy sal 'n regter moet wees; nou sal ons U erger behandel as hulle. En hulle het die man, naamlik Lot, gedruk en nader gekom om die deur te breek.
GENESIS 19:9 Die Boodskap (DB)
Die skare mans was egter onbeheerbaar. Hulle het Lot eenkant toe gestoot en gesê: “Wie is jy nou eintlik? Jy het hier as ’n vreemdeling aangekom en nou wil jy oor ons baasspeel. Ons sal jou nog vernietig. Ons sal nog erger dinge aan jou doen as aan die mans in jou huis!” Die skare het toe vorentoe begin beur en Lot teen die deur vasgedruk. Hulle wou die deur oopbreek.