GENESIS 19:14
GENESIS 19:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos een wat gekskeer.
GENESIS 19:14 Bybel vir almal (ABA)
Lot het gegaan en met die skoonseuns gepraat wat met sy dogters sou trou. Hy het gesê: “Kom, julle moet uit hierdie plek uitgaan, want die Here gaan die stad verwoes.” Maar sy skoonseuns het gedink Lot maak 'n grap.
GENESIS 19:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Lot het toe vir sy aanstaande skoonseuns gaan sê: “Kom uit hierdie plek uit, want die Here gaan hierdie stad verdelg,” maar hulle het gedink Lot maak 'n grap.
GENESIS 19:14 Die Boodskap (DB)
Lot is toe haastig weg na die skoonseuns wat met sy oudste dogters getroud was, en het uitasem vir hulle gesê: “Staan op en gaan dadelik weg, want die Here is op die punt om die stad te vernietig.” Lot se skoonseuns het gelag, want hulle het gedink hy maak ’n grap.