GENESIS 13:8-9 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
GENESIS 13:8-9 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe sê Abram vir Lot: “Daar behoort nie 'n getwis te wees tussen my en jou en tussen my veewagters en joune nie, want ons is familie. Die hele land lê oop voor jou. Gaan jy liewer weg van my af. As jy links gaan, gaan ek regs; en as jy regs gaan, gaan ek links.”
GENESIS 13:8-9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers. Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.
GENESIS 13:8-9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Abram het die saak met Lot bespreek. “Hierdie getwis tussen ons veewagters moet einde kry,” het hy gesê. “Ons is tog naby familie! Kies jy enige deel van die land, dan gaan ons uitmekaar. As jy anderkant toe wil gaan, sal ek hier bly. As jy verkies om hier te bly, sal ek elders heen trek.”
GENESIS 13:8-9 DB (Die Boodskap)
Abram het toe vir Lot gesê: “Laat daar tog nie spanning tussen ons twee wees nie, en ook nie tussen ons werksmense nie. Ons is tog immers familie. Dalk is dit maar beter dat ons paaie skei. Kies waarheen jy wil gaan. As jy die een deel kies, neem ek die ander. Trek jy na die een deel van die land toe, gaan ek elders. So, jy kan kies.”
GENESIS 13:8-9 ABA (Bybel vir almal)
Abram sê toe vir Lot: “Ek en jy moenie met mekaar stry en rusie maak nie, en ook nie my skaapwagters met joune nie, want ons is familie. Die hele land lê oop voor jou. Ons moet weggaan van mekaar. As jy links gaan, dan sal ek regs gaan, of as jy regs gaan, dan sal ek links gaan.”
GENESIS 13:8-9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Abram sê toe vir Lot: “Laat daar tog nie stryd wees tussen my en jou, en tussen my veewagters en jou veewagters nie. Ons is immers broers. Lê die hele land nie oop voor jou nie? Trek liewer van my weg. As jy links gaan, sal ek regs gaan; en as jy regs gaan, sal ek links gaan.”
GENESIS 13:8-9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou en tussen my veewagters en jou veewagters nie; want ons is broeders. Is die hele land nie voor jou nie? Skei jou tog van my af; as jy die linkerhand wil neem, dan sal ek regs gaan; of as jy na regterhand wyk, dan sal ek na links gaan.