GENESIS 1:9-10
GENESIS 1:9-10 Bybel vir almal (ABA)
God het gesê: “Die water onder die hemel moet bymekaarkom op een plek, sodat daar ook grond kan wees.” Dit het toe gebeur. God het die grond “aarde” genoem en Hy het die water “see” genoem. God het gesien dit is goed.
GENESIS 1:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so. En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.
GENESIS 1:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom sodat die droë grond sigbaar word.” So het dit gebeur. God het die droë grond “aarde” genoem, en die waters wat bymekaargekom het, het Hy “see” genoem. En God het gesien dit is goed.
GENESIS 1:9-10 Die Boodskap (DB)
God het verder gegaan en gesê: “Laat al die water onder die hemelruim op een plek bymekaarkom sodat daar ook droë land sal wees.” En dit was so. God het die droë land “aarde” genoem en die plek waar al die water bymekaargekom het, “see”. God het gesien dat dit wat Hy geskep het, goed was.
GENESIS 1:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God het beveel: “Laat die water op die aarde op een plek bymekaarkom sodat die droë grond te voorskyn kan kom!” Dit het presies so gebeur. God noem toe die droë grond “land” en die versameling water noem Hy “see”. Ook dit was vir God goed.