GENESIS 1:2 - Compare All Versions

GENESIS 1:2 ABA (Bybel vir almal)

Daar was niks op die aarde nie, niemand kon daar woon nie. Daar was net 'n groot see, en dit was baie donker. Die Gees van God het oor die water beweeg soos 'n sterk wind.

GENESIS 1:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

GENESIS 1:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

GENESIS 1:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die •oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef

GENESIS 1:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die aarde was sonder vorm en leeg. Duisternis was op die wêreldvloed en die Gees van God het op die waters gesweef.

GENESIS 1:2 DB (Die Boodskap)

Voor die skepping was alles eensaam en verlate. ’n Angswekkende donkerte het oor die bodemlose dieptes gehang. En ’n ongelooflike sterk wind het heeltyd oor die waters gewaai.

GENESIS 1:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar die aarde was ’n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef.