GALASIËRS 4:20-21
GALASIËRS 4:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Ek wens ek was nou daar by julle. Dan kon ek op 'n ander manier met julle probeer praat, want ek weet nie wat om nou vir julle te sê nie. Julle wil so graag slawe wees van die Wette van Moses, maar julle luister nie goed wat die wette sê nie.
GALASIËRS 4:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle. Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?
GALASIËRS 4:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek wens ek kon nou by julle wees en op 'n ander toon met julle praat. Ek is werklik besorg oor julle. Julle wat so graag aan die wet van Moses onderworpe wil wees, sê vir my: Hoor julle nie wat die wet sê nie?
GALASIËRS 4:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek wens ek was nou by julle, en kon met 'n ander stemtoon met julle praat, want ek is raadop met julle! Sê vir my, julle wat onder die gesag van die wet wil staan, luister julle dan nie na die wet nie?
GALASIËRS 4:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wil nou by jou teenwoordig wees en my stem verander; want ek twyfel aan jou. Sê vir my, julle wat onder die wet wil wees, hoor julle nie die wet nie?
GALASIËRS 4:20-21 Die Boodskap (DB)
Ek wens dat ek nou daar by julle kon wees. Dan sou dit nie vir my nodig gewees het om so met julle te raas nie. Ongelukkig het ek nie ’n ander keuse nie. Ek moet my hart hier op papier uitpraat, want ek is raadop met julle. Sê my, julle wat so graag die wet wil gehoorsaam, het julle al ’n slag mooi gekyk na wat daar regtig in die Bybel geskryf staan?