GALASIËRS 4:1-3
GALASIËRS 4:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Ek gaan nou 'n voorbeeld gebruik om vir julle iets te verduidelik: Wanneer iemand iets erf, en hy is nog baie jonk, dan behoort dit alles aan hom, maar hy is soos 'n slaaf. Hy moet doen wat die mense vir hom sê, die mense wat sy goed moet oppas. Maar wanneer hy so oud is soos sy pa gesê het hy moet wees om te erf, dan mag hy self besluit wat om te doen met sy goed. Dit was dieselfde met ons. Ons was ook eers soos mense wat baie jonk is, ons was slawe van die afgode of slawe van die Wette van Moses.
GALASIËRS 4:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR ek sê: So lank as die erfgenaam 'n kind is, verskil hy niks van 'n dienskneg nie, al is hy heer van alles; maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal. So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld.
GALASIËRS 4:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierby wil ek nog dít sê: Solank 'n erfgenaam nog minderjarig is, verskil sy posisie nie werklik van dié van 'n slaaf nie, al behoort die hele erfenis aan hom. Tot die dag wat sy pa bepaal het, staan hy onder toesig van voogde en word sy besittings deur bestuurders beheer. En so is dit ook met ons. Toe ons nog geestelik onmondig was, was ons slawe van wettiese godsdienstige reëls.
GALASIËRS 4:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hiermee bedoel ek: Solank as die erfgenaam nog minderjarig is, verskil hy niks van 'n slaaf nie, alhoewel hy die eienaar van alles is. Maar hy staan onder die beheer van voogde en bestuurders, tot die tyd aanbreek wat deur sy vader bepaal is. Net so is dit ook in ons geval: Toe ons nog minderjarig was, was ons as slawe onderwerp aan die elementêre beginsels van die wêreld
GALASIËRS 4:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou sê ek dat die erfgenaam, solank hy 'n kind is, niks van 'n dienskneg verskil nie, al is hy heer van alles; Maar is onder tugmeesters en goewerneurs tot op die tyd wat die vader bepaal het. Net so was ons, toe ons kinders was, in slawerny onder die elemente van die wêreld
GALASIËRS 4:1-3 Die Boodskap (DB)
Kom ek verduidelik met die volgende voorbeeld wat dit beteken dat julle Abraham se erfgename is. Julle weet mos dat erfgename wat minderjarig is, nie kan aanspraak maak op hulle erfporsie nie. Hulle is nog te jonk om te erf. Eintlik is minderjariges niks beter daaraan toe as die bediendes wat in hulle huis werk nie. Al sê die testament dat hulle die wettige erfgename is, staan hulle nog onder die toesig van hulle voogde. Hulle erfporsie word beheer deur mense wat amptelik oor hulle aangestel is tot op die dag dat die testament sê hulle kan erf. Weet julle, presies dieselfde het met ons gebeur. Voorheen was ons ook minderjarig. Dit was toe ons nog slawe was van die vyandige magte van hierdie wêreld.
GALASIËRS 4:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek bedoel: Solank ’n erfgenaam minderjarig is, verskil sy posisie nie eintlik van dié van ’n slaaf nie, al behoort die hele erfenis aan hom. Tot op die dag wat die pa bepaal het, staan die erfgenaam onder toesig en bestuur. Toe ons nog geestelik minderjarig was, het ons die magte van die wêreld soos slawe gedien.