GALASIËRS 4:1
GALASIËRS 4:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek gaan nou 'n voorbeeld gebruik om vir julle iets te verduidelik: Wanneer iemand iets erf, en hy is nog baie jonk, dan behoort dit alles aan hom, maar hy is soos 'n slaaf.
GALASIËRS 4:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR ek sê: So lank as die erfgenaam 'n kind is, verskil hy niks van 'n dienskneg nie, al is hy heer van alles
GALASIËRS 4:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierby wil ek nog dít sê: Solank 'n erfgenaam nog minderjarig is, verskil sy posisie nie werklik van dié van 'n slaaf nie, al behoort die hele erfenis aan hom.
GALASIËRS 4:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hiermee bedoel ek: Solank as die erfgenaam nog minderjarig is, verskil hy niks van 'n slaaf nie, alhoewel hy die eienaar van alles is.
GALASIËRS 4:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou sê ek dat die erfgenaam, solank hy 'n kind is, niks van 'n dienskneg verskil nie, al is hy heer van alles
GALASIËRS 4:1 Die Boodskap (DB)
Kom ek verduidelik met die volgende voorbeeld wat dit beteken dat julle Abraham se erfgename is. Julle weet mos dat erfgename wat minderjarig is, nie kan aanspraak maak op hulle erfporsie nie. Hulle is nog te jonk om te erf. Eintlik is minderjariges niks beter daaraan toe as die bediendes wat in hulle huis werk nie. Al sê die testament dat hulle die wettige erfgename is, staan hulle nog onder die toesig van hulle voogde.