GALASIËRS 1:22-24
GALASIËRS 1:22-24 Bybel vir almal (ABA)
Die gemeentes van die Christene in die provinsie Judea het my nie geken nie. Hulle het net gehoor die mense sê: “Paulus het verander, hy het voorheen baie slegte dinge aan ons gedoen en hy het probeer om ons geloof te breek, maar nou vertel hy vir almal dat hulle in Christus moet glo.” En hulle het God geprys omdat ek verander het.
GALASIËRS 1:22-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en ek was persoonlik onbekend by die Christelike gemeentes van Judéa; hulle het net gehoor: hy wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei. En hulle het God verheerlik in my.
GALASIËRS 1:22-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die gemeentes van Christus in Judea het my toe nog nie persoonlik geken nie; hulle het net gehoor: “Die man deur wie ons vroeër vervolg is, verkondig nou die geloof wat hy destyds probeer uitroei het.” En hulle het God verheerlik oor my.
GALASIËRS 1:22-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar ek was persoonlik onbekend by die Christelike •gemeentes in Judea. Al wat hulle steeds bly hoor het, was: “Hy wat ons voorheen vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër probeer vernietig het!” En hulle het God oor my verheerlik.
GALASIËRS 1:22-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En was onbekend aan die gemeentes van Judéa wat in Christus was. Maar hulle het net gehoor dat Hy wat ons vroeër vervolg het, nou die geloof verkondig wat Hy vroeër vernietig het. En hulle het God in my verheerlik.
GALASIËRS 1:22-24 Die Boodskap (DB)
Op daardie tydstip het Christus se volgelinge in Judea my nog nie persoonlik geken nie. Al wat hulle van my geweet het, was die volgende brokkie nuus: “Daardie man wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die evangelie. Hy praat nou met ander mense oor die geloof wat hy vroeër probeer uitroei het.” Natuurlik was hulle baie bly daaroor. Hulle het vir God dankie gesê dat Hy my nou gebruik om die goeie nuus bekend te maak.