GALASIËRS 1:16-18
GALASIËRS 1:16-18 Bybel vir almal (ABA)
om sy Seun vir my te wys sodat ek vir die heidene kon gaan vertel van sy Seun. Nadat ek Hom gesien het, het ek nie vir ander mense gaan vra wat hulle van Hom weet nie. Ek het ook nie na Jerusalem gegaan nie, na die mense toe wat vóór my apostels geword het nie. Nee, ek het na die land Arabië gegaan en ek het later weer teruggegaan na die stad Damaskus. Drie jaar later het ek na Jerusalem gegaan om vir Sefas te leer ken. Ek het twee weke by hom gebly.
GALASIËRS 1:16-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie, en ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus. Vervolgens, drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly
GALASIËRS 1:16-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
om sy Seun aan my te openbaar sodat ek die evangelie oor Hom onder die heidennasies sou verkondig, het ek nie dadelik daarna mense geraadpleeg of Jerusalem toe gegaan na dié wat voor my al apostels was nie. Nee, ek is Arabië toe, en daarvandaan het ek teruggekom Damaskus toe. Eers drie jaar later het ek Jerusalem toe gegaan om met Sefas kennis te maak, en ek het twee weke by hom gebly.
GALASIËRS 1:16-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
om sy Seun aan my te openbaar, sodat ek Hom aan die heidene sou verkondig, het ek nie dadelik vlees en bloed geraadpleeg nie. Ook het ek nie na Jerusalem opgegaan na hulle wat vóór my •apostels was nie, maar ek het wel na Arabië gegaan, en toe weer na Damaskus teruggekeer. Eers later, ná drie jaar, het ek na Jerusalem opgegaan om Sefas te ontmoet, en ek het vyftien dae by hom gebly
GALASIËRS 1:16-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene kan verkondig; Ek het dadelik nie met vlees en bloed beraadslaag nie: Ek het ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie; maar ek het na Arabië gegaan en weer na Damaskus teruggekeer. Daarna het ek drie jaar later opgegaan na Jerusalem om Petrus te sien en vyftien dae by hom gebly.
GALASIËRS 1:16-18 Die Boodskap (DB)
Later het God sy Seun, Jesus Christus, aan my bekendgemaak. Van daardie oomblik af het ek net een doel voor oë gehad: om die goeie nuus oor Christus te verkondig aan mense wat nie aan Israel behoort nie. Ek het glad nie eens by ander Christene gaan raad vra oor wat ek moes sê nie. Ek het ook nie Jerusalem toe gegaan om daar te gaan kers opsteek by diegene wat voor my al apostels was nie. Nee, ek is direk na my bekering Arabië toe. Later het ek teruggegaan Damaskus toe. Eers drie jaar later het ek weer in Jerusalem gekom. Daar het ek vir Petrus ontmoet en vyftien dae by hom oorgebly.
GALASIËRS 1:16-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
om sy Seun aan my bekend te maak. Dit het gebeur sodat ek Hom aan die nie-Joodse nasies kan verkondig. Ek het nie dadelik met mense gepraat nie. Ek het ook nie Jerusalem toe gegaan na hulle wat reeds voor my apostels was nie. Nee, ek het Arabië toe gegaan en van daar af teruggekom Damaskus toe. Eers drie jaar later is ek Jerusalem toe om Petrus te ontmoet. Ek het twee weke by hom gebly