GALASIËRS 1:1-9
GALASIËRS 1:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel, en van al die broers wat by my is. Dat ek 'n apostel is, dank ek nie aan mense nie. Ek is ook nie deur 'n mens aangestel nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het. Aan die gemeentes in Galasië. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring. Aan God kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid! Amen. Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en 'n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring. Maar al sou een van ons of selfs 'n engel uit die hemel aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref! Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het – die vloek van God sal hom tref!
GALASIËRS 1:1-9 Die Boodskap (DB)
Van Paulus. Jesus Christus het my as ’n apostel aangestel, saam met God die Vader wat Hom uit die dood laat opstaan het. My aanstelling as apostel kom nie van mense af nie. Ek en die gelowiges wat hier by my is, groet julle almal daar in die kerke in Galasië. Ons God en Vader en ons Here Jesus Christus se goedheid en vrede is by julle almal. Jesus Christus het sy lewe vir ons opgeoffer sodat ons sondes nie meer soos ’n muur tussen God en ons staan nie. Hy het dit vir ons gedoen om ons uit die kloue van hierdie sondige wêreld te bevry. Op hierdie manier het Jesus ons God en hemelse Vader se raadsplan tot uitvoer gebring. Aan God alleen kom al die eer toe. Nou en vir altyd! Vir seker! Wat is dit deesdae met julle? Ek kan nie glo dat julle so gou van God af weggedraai het nie. Het julle vergeet dat Hy julle sy kinders gemaak het omdat Christus so ongelooflik goed vir julle was? En wat doen julle toe om vir Hom daarvoor dankie te sê? Julle gaan staan en aanvaar ’n heeltemal ander evangelie. Begryp julle dit nou nog nie? Daar is nie ’n ander evangelie nie! Maar julle leen mos julle ore uit aan ’n klomp mense wat die goeie nuus oor Christus heeltemal verdraai. Dit lyk my hulle het julle kop behoorlik deurmekaar gepraat. Kom ek sê reguit vir julle: as mense ’n ander weergawe van die goeie nuus oor Christus verkondig as dit wat julle by my gehoor het toe ek vroeër daar by julle was, sal God hulle verskriklik straf. Moenie eens na my of na ’n engel uit die hemel luister wat iets anders as dit vir julle kom vertel nie. Kom ek sê dit nog ’n keer sodat julle baie mooi kan hoor: as enigiemand dit sou waag om iets anders oor Christus te sê as wat julle by my gehoor het, wag daar groot probleme op hulle. God se verskriklike vloek sal hulle tref.
GALASIËRS 1:1-9 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, en al die gelowiges hier saam met my, skryf hierdie brief vir julle wat woon in die gemeentes in Galasië. Ek is 'n apostel, maar dit is nie 'n mens of mense wat my gekies het nie. Jesus Christus en God die Vader het my gekies, God wat vir Jesus weer laat lewe het nadat Hy gesterf het. Ek bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee. Christus het gedoen wat God ons Vader wou hê, Hy het gesterf om ons sondes weg te neem. So het Hy ons gered van hierdie slegte wêreld waarin ons lewe. Daarom moet ons vir God prys, altyd en altyd. Amen. Ek is verbaas dat julle in Galasië so gou die genade van God vergeet het. Hy was baie goed vir julle, Hy het vir Christus gestuur. God het gesê julle behoort aan Hom. Maar nou glo julle 'n ander boodskap. Julle moet besef dat daar nie 'n ander goeie boodskap is nie. Die mense daar by julle wat vir julle 'n ander boodskap leer, maak julle deurmekaar en hulle maak die goeie boodskap van Christus vals. Niemand mag vir julle iets anders preek nie, hy mag net die goeie boodskap preek wat ek gepreek het. Ek mag nie 'n ander boodskap preek nie, en 'n engel uit die hemel mag ook nie. As iemand dit doen, dan sal God hom straf! Ek sê weer vir julle: Julle het die goeie boodskap by my gehoor, en God sal elkeen straf wat 'n ander boodskap preek!
GALASIËRS 1:1-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS, 'n apostel nie vanweë mense of deur 'n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het, en al die broeders wat by my is — aan die gemeentes van Galásië: Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus, wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader, aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen. EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na 'n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees! Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!
GALASIËRS 1:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel, en van al die broers wat by my is. Dat ek 'n apostel is, dank ek nie aan mense nie. Ek is ook nie deur 'n mens aangestel nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het. Aan die gemeentes in Galasië. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring. Aan God kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid! Amen. Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en 'n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring. Maar al sou een van ons of selfs 'n engel uit die hemel aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref! Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het – die vloek van God sal hom tref!
GALASIËRS 1:1-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, 'n •apostel – nie op gesag van mense of deur 'n mens nie, maar wel deur Jesus •Christus en God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het – en al die broers saam met my, aan die •gemeentes van Galasië: Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus, Hy wat Homself gegee het vir ons sondes, om ons te red uit die huidige bose bedeling, volgens die wil van ons God en Vader, aan wie die heerlikheid behoort vir ewig en ewig! •Amen. Ek is verbaas dat julle so gou van Hom wat julle deur die genade van •Christus geroep het, wegdraai na 'n ander evangelie. Daar is nie 'n ander evangelie nie – al is daar sommige mense wat julle probeer verwar, en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar selfs al sou ons, of 'n engel uit die hemel, 'n evangelie aan julle verkondig in stryd met wat ons aan julle verkondig het, laat hom vervloek wees! Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met wat julle ontvang het, laat hom vervloek wees!
GALASIËRS 1:1-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus, 'n apostel, (nie uit mense nie, ook nie deur mense nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het;) En al die broeders wat saam met my is, aan die gemeentes van Galasië: Genade vir julle en vrede van God die Vader en van onse Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het, om ons te verlos van hierdie teenswoordige bose wêreld, volgens die wil van God en ons Vader. Aan wie kom die eer toe tot in alle ewigheid. Amen. Ek verwonder my dat julle so gou verwyderd is van Hom wat julle in die genade van Christus geroep het na 'n ander evangelie toe. Wat nie 'n ander is nie; maar daar is sommige wat julle pla en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons, of 'n engel uit die hemel, julle enige ander evangelie verkondig as wat ons julle verkondig het, laat hom vervloek wees. Soos ons vroeër gesê het, so sê ek nou weer: As iemand julle 'n ander evangelie verkondig as wat julle ontvang het, laat hom vervloek wees.
GALASIËRS 1:1-9 Die Boodskap (DB)
Van Paulus. Jesus Christus het my as ’n apostel aangestel, saam met God die Vader wat Hom uit die dood laat opstaan het. My aanstelling as apostel kom nie van mense af nie. Ek en die gelowiges wat hier by my is, groet julle almal daar in die kerke in Galasië. Ons God en Vader en ons Here Jesus Christus se goedheid en vrede is by julle almal. Jesus Christus het sy lewe vir ons opgeoffer sodat ons sondes nie meer soos ’n muur tussen God en ons staan nie. Hy het dit vir ons gedoen om ons uit die kloue van hierdie sondige wêreld te bevry. Op hierdie manier het Jesus ons God en hemelse Vader se raadsplan tot uitvoer gebring. Aan God alleen kom al die eer toe. Nou en vir altyd! Vir seker! Wat is dit deesdae met julle? Ek kan nie glo dat julle so gou van God af weggedraai het nie. Het julle vergeet dat Hy julle sy kinders gemaak het omdat Christus so ongelooflik goed vir julle was? En wat doen julle toe om vir Hom daarvoor dankie te sê? Julle gaan staan en aanvaar ’n heeltemal ander evangelie. Begryp julle dit nou nog nie? Daar is nie ’n ander evangelie nie! Maar julle leen mos julle ore uit aan ’n klomp mense wat die goeie nuus oor Christus heeltemal verdraai. Dit lyk my hulle het julle kop behoorlik deurmekaar gepraat. Kom ek sê reguit vir julle: as mense ’n ander weergawe van die goeie nuus oor Christus verkondig as dit wat julle by my gehoor het toe ek vroeër daar by julle was, sal God hulle verskriklik straf. Moenie eens na my of na ’n engel uit die hemel luister wat iets anders as dit vir julle kom vertel nie. Kom ek sê dit nog ’n keer sodat julle baie mooi kan hoor: as enigiemand dit sou waag om iets anders oor Christus te sê as wat julle by my gehoor het, wag daar groot probleme op hulle. God se verskriklike vloek sal hulle tref.
GALASIËRS 1:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie brief kom van Paulus, ’n apostel wat nie deur mense aangestel of gestuur is nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader – Hy wat Jesus Christus uit die dood opgewek het. Dit kom ook van al die broers en susters hier saam met my. Ons skryf aan die gemeentes in Galasië. Mag die genade en vrede van God ons Vader en van Jesus Christus met julle wees. Jesus Christus het volgens God ons Vader se wil vir ons sondes gesterf om ons te bevry van die bose tyd waarin ons nou lewe. Hiervoor moet God se heerlikheid vir altyd en altyd geprys word! Amen. Ek is verstom oor wat julle gedoen het. Hoe kon julle so gou julle rug op God draai? Op Hóm wat julle deur Christus se genade na Hom toe geroep het! Julle het julle ore uitgeleen vir ’n ander “Goeie Nuus”. Maar daar is geen ander Goeie Nuus nie! Al wat daar is, is ’n paar mense wat julle deurmekaarmaak, ja, wat die Goeie Nuus van Christus wil verdraai. Vervloek is elkeen wat ’n ander boodskap verkondig as wat ons aan julle verkondig het, al sou dit ons self of ’n boodskapper uit die hemel wees. Ek herhaal: Vervloek is elkeen wat ’n ander boodskap verkondig as dié een wat julle ontvang het!