GALASIËRS 1:1
GALASIËRS 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, en al die gelowiges hier saam met my, skryf hierdie brief vir julle wat woon in die gemeentes in Galasië. Ek is 'n apostel, maar dit is nie 'n mens of mense wat my gekies het nie. Jesus Christus en God die Vader het my gekies, God wat vir Jesus weer laat lewe het nadat Hy gesterf het.
GALASIËRS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS, 'n apostel nie vanweë mense of deur 'n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het
GALASIËRS 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel, en van al die broers wat by my is. Dat ek 'n apostel is, dank ek nie aan mense nie. Ek is ook nie deur 'n mens aangestel nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het. Aan die gemeentes in Galasië.
GALASIËRS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, 'n •apostel – nie op gesag van mense of deur 'n mens nie, maar wel deur Jesus •Christus en God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het