ESRA 9:6 - Compare All Versions

ESRA 9:6 ABA (Bybel vir almal)

en ek het gesê: “My God, ek is baie skaam, ek voel baie sleg, ek kan nie opkyk na U toe nie, want ons sondes het baie geword, dit is so hoog soos die hemel.

ESRA 9:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en gesê: My God, ek voel te beskaamd en verleë om my aangesig tot U, my God, op te hef, want ons ongeregtighede het oor ons hoof gegroei, en ons skuld is hemelhoog.

ESRA 9:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek het gebid: “My God, ek is te skaam, ek het nie die vrymoedigheid om my kop voor U op te tel nie. Ons sonde is hoog opgestapel, ons misdade staan hemelhoog.

ESRA 9:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek het gesê: “My God, ek is te skaam en verleë om my gesig na U, my God, op te lig, want ons sonde het hoër as ons koppe opgestapel en ons skuld strek tot aan die hemel.

ESRA 9:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

en gesê: O my God, ek is beskaamd en bloos om my aangesig tot U op te hef, my God, want ons ongeregtighede het vermeerder oor ons hoof, en ons oortreding het opgegroei tot in die hemel.

ESRA 9:6 DB (Die Boodskap)

Ek het gebid: “My God, ek is te oorbluf en te skaam om U in die oë te kyk. Ons oortreding is so groot dat dit oor ons almal se kop gaan. Ons skuld is hemelhoog.

ESRA 9:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek het gebid: “My God, ek is so skaam en verneder, ek kan nie na U kyk nie. Ons sondes is hoër as ons koppe en ons skuld reik tot aan die hemel.