ESRA 5:1
ESRA 5:1 Bybel vir almal (ABA)
Die profete Haggai en Sagaria seun van Iddo het boodskappe gebring vir die Judeërs in Juda en Jerusalem. Die God van Israel wat oor die Judeërs regeer, het hulle gestuur.
ESRA 5:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR Haggai, die profeet, en Sagaría, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was.
ESRA 5:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
In dié tyd het twee profete opgetree, Haggai en Sagaria seun van Iddo. Hulle het die Judeërs in Juda en Jerusalem aangespreek in die Naam van die God van Israel.
ESRA 5:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het die profete Haggai en Sagaria, kleinseun van Iddo, teen die Judeërs in Juda en Jerusalem begin profeteer in die naam van die God van Israel onder wie se gesag hulle gestaan het.
ESRA 5:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het die profete, die profeet Haggai en Sagaria, die seun van Iddo, vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel, ook vir hulle.