ESRA 3:9
ESRA 3:9 Bybel vir almal (ABA)
Jesua en die ander priesters, en Kadmiël en die mense wat hom gehelp het, het saam gekyk dat almal die werk aan die tempel reg doen. Hulle was almal Judeërs. Die Genadad-familie het hulle gehelp.
ESRA 3:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jésua het opgetree, sy seuns en sy broers, Kádmiël met sy seuns, die seuns van Juda, soos een man, om toesig te hou oor die wat die werk gedoen het aan die huis van God, met die seuns van Hénadad, hulle seuns en hulle broers, die Leviete.
ESRA 3:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesua, sy seuns, sy ampsgenote, die Judeërs Kadmiël en sy seuns, en ook die Leviete uit die nageslag van Genadad met hulle seuns en ampsgenote was saam in bevel van die mense wat die werk aan die tempel moes uitvoer.
ESRA 3:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesua, sy seuns en sy ampsgenote, Kadmiël en sy seuns, afstammelinge van Hodauja, moes gesamentlik toesig hou oor diegene wat die werk gedoen het aan die huis van God. Hulle was die nageslag van Genadad; hulle seuns en broers was Leviete.
ESRA 3:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Jesua met sy seuns en sy broers, Kadmiël en sy seuns, die seuns van Juda, saam gestaan om die werkers in die huis van God aan te stuur: die seuns van Henadad, met hulle seuns en hulle broers, die Leviete.