ESRA 3:5
ESRA 3:5 Die Boodskap (DB)
Na die fees het hulle begin om gereeld daar vir die Here te offer. Hulle het ook gereeld die offers vir die sabbat en die fees van die nuwemaan gebring en vir al die verskillende ander feeste wat vir die Here gehou word. Hulle het weer begin om soos vroeër vrywillige offers vir die Here te bring.
ESRA 3:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ná die fees het hulle voortgegaan om die gereelde brandoffers te bring. Hulle het ook die offers gebring wat met die Nuwemaanfees en ook die ander feeste van die HERE saamgaan. Die mense het ook weer vrywillige offers vir die HERE gebring.
ESRA 3:5 Bybel vir almal (ABA)
Van toe af het hulle die brand-offers gebring wat hulle elke dag moes bring, ook die offers op die Nuwemaan-feeste en op die ander feeste van die Here, en die offers wat mense self besluit het om te bring.
ESRA 3:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en daarna die voortdurende brandoffer en dié van die nuwemane en van al die geheiligde feestye van die HERE en van elkeen wat aan die HERE 'n vrywillige gawe gebring het.
ESRA 3:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Behalwe die gereelde brandoffers het hulle van toe af ook die offers by die nuwemaansfeeste en al die vasgestelde gewyde feeste van die Here gebring, en ook elkeen se vrywillige offers aan die Here.
ESRA 3:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en ook die gereelde brandoffers: die offers met nuwemaan, die offers by al die gewyde •feeste van die HERE, sowel as dié by al die vrywillige gawes aan die HERE.
ESRA 3:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daarna het die voortdurende brandoffer gebring, sowel van die nuwemane as van al die feestye van die HERE wat geheilig was, en van elkeen wat gewillig 'n vrywillige offer aan die HERE gebring het.
ESRA 3:5 Die Boodskap (DB)
Na die fees het hulle begin om gereeld daar vir die Here te offer. Hulle het ook gereeld die offers vir die sabbat en die fees van die nuwemaan gebring en vir al die verskillende ander feeste wat vir die Here gehou word. Hulle het weer begin om soos vroeër vrywillige offers vir die Here te bring.