ESRA 3:3 - Compare All Versions
ESRA 3:3 ABA (Bybel vir almal)
Hulle was bang vir die ander volke in die land, maar hulle het die altaar gebou op die plek waar hy moet wees, en hulle het brand-offers op die altaar gebring vir die Here, die brand-offers in die oggend en die brand-offers in die aand.
ESRA 3:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hulle het die altaar op sy grondveste opgerig, omdat die skrik vir die volke van die lande op hulle gekom het; en hulle het daar brandoffers op geoffer aan die HERE, brandoffers smôrens en saans.
ESRA 3:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ten spyte van hulle vrees vir die ander bevolkingsgroepe in die land het hulle die altaar op sy oorspronklike plek opgerig en daarop brandoffers vir die Here gebring, soggens en saans.
ESRA 3:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Alhoewel hulle bang was vir die mense in die omgewing, het hulle die altaar op sy oorspronklike plek opgerig en hulle het daarop offers vir die HERE geoffer, die oggend en die aand se brandoffers .
ESRA 3:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het die altaar op sy voetstukke gesit; want vrees was oor hulle vanweë die mense van daardie lande; en hulle het daarop brandoffers aan die HERE gebring, brandoffers soggens en saans.
ESRA 3:3 DB (Die Boodskap)
Hulle was maar bang vir die ander volke wat ook in die land gebly het. Hulle het nogtans die altaar op die plek gebou waar die tempel vroeër gestaan het. Hulle het elke oggend en elke aand vir die Here offers op die altaar gebring.
ESRA 3:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hoewel hulle bang was vir die plaaslike inwoners, het hulle die altaar weer op sy oorspronklike plek herbou. Hulle het dadelik vir die HERE brandoffers op die altaar begin offer. Hulle het dit elke oggend en aand gedoen.