ESEGIËL 7:26
ESEGIËL 7:26 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer baie slegte dinge met hulle gebeur, en hulle hoor dat nog slegte dinge kom, dan sal hulle vir die profete vra: ‘Het die Here nie vir julle iets gewys nie?’ En hulle sal vir die priesters vra: ‘Wat wil die Here hê?’ Maar die priesters sal nie weet nie, en die leiers sal nie kan sê wat hulle moet doen nie.
ESEGIËL 7:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Onheil op onheil kom, en gerug op gerug is daar; en hulle sal 'n gesig verlang van die profeet, maar die wet sal verlore wees vir die priester en die raad vir die oudstes.
ESEGIËL 7:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ramp op ramp sal kom, gerug op gerug. Hulle sal tevergeefs by die profeet 'n openbaring soek; ook die priester sal nie leiding kan gee nie, en die oumense sal nie raad hê nie.
ESEGIËL 7:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ramp op ramp is op pad; daar is gerug ná gerug. Hulle soek 'n openbaring by die profeet; onderrig deur die priester ontbreek, ook raad deur die oudstes.
ESEGIËL 7:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Onheil sal op onheil kom, en gerug sal op gerug wees; dan sal hulle 'n gesig van die profeet soek; maar die wet sal vergaan van die priester en raad van die oudstes.
ESEGIËL 7:26 Die Boodskap (DB)
Daar sal net nog meer rampe en moeilikhede wees; dit sal nooit ophou nie. Hulle sal die een gerug na die ander hoor van rampe wat oor die volk kom. Dan sal mense na die godsdienstige leiers toe hardloop en vra: ‘Wat sê die Here vir ons?’ Maar die leiers sal hulle ook nie kan help nie. Niemand sal vir hulle kan sê wat om te doen nie.