ESEGIËL 47:3
ESEGIËL 47:3 Bybel vir almal (ABA)
Die man het na die oostekant geloop. Hy het 'n maatlyn in sy hand gehad en hy het 1 000 el gemeet. Toe het hy my deur die water laat loop. Die water het tot by my enkels gekom.
ESEGIËL 47:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe die man na die ooste uitgegaan het met 'n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan — waters tot aan die enkels.
ESEGIËL 47:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die man het oos gestap en met die maatlyn wat hy by hom gehad het vyf honderd meter afgemeet van die oospoort af. Toe laat hy my deur die water loop. Dit was enkeldiep.
ESEGIËL 47:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die man in 'n oostelike rigting wegstap, was daar 'n maatlyn in sy hand. Hy het duisend el afgemeet en my die water laat oorsteek – water wat enkeldiep was.
ESEGIËL 47:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die man wat die lyn in sy hand gehad het, ooswaarts uitgegaan het, het hy duisend el gemeet, en hy het my deur die water gebring; die waters was tot by die enkels.