ESEGIËL 47:22
ESEGIËL 47:22 Bybel vir almal (ABA)
En wanneer julle lootjies trek om te sien wie grond moet kry, dan moet dit wees vir julleself en vir die vreemdelinge wat lank tussen julle woon en wat in julle land kinders gekry het. Daardie vreemdelinge moet vir julle soos regte Israeliete wees. Hulle moet saam met julle grond kry tussen die stamme van Israel.
ESEGIËL 47:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle moet dit as erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos 'n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle 'n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel.
ESEGIËL 47:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moet die land verdeel deur loting vir julleself en vir die vreemdelinge wat al 'n geslag lank tussen julle woon. Julle moet sulke vreemdelinge as medeburgers tussen julle beskou. Hulle moet saam met julle besittings ontvang onder die stamme van Israel.
ESEGIËL 47:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit moet so gebeur: Julle moet dit as erfdeel aan julleself toewys en aan die •vreemdelinge wat tydelike verblyf tussen julle het en kinders verwek het by julle. Hulle geld vir julle as gebore Israeliete, as deel van die Israeliete. Saam met julle moet 'n erfdeel aan hulle toegewys word tussen die stamme van Israel.
ESEGIËL 47:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle moet dit deur die lot as 'n erfenis uitdeel vir julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle sal verwek; en hulle sal vir julle wees soos gebore in die land onder die kinders van Israel; hulle sal saam met jou 'n erfdeel hê onder die stamme van Israel.
ESEGIËL 47:22 Die Boodskap (DB)
Wanneer julle moet besluit oor wie watter gebied kry, moet julle loot om te bepaal wie kry wat. As daar immigrante onder julle bly, en hulle is al ’n geslag lank by julle, moet julle ook vir hulle grond gee. Julle moet hierdie mense behandel asof hulle saam met julle burgers van julle land is.