ESEGIËL 38:23 - Compare All Versions
ESEGIËL 38:23 ABA (Bybel vir almal)
Ek sal vir al die volke wys dat Ek 'n groot en 'n heilige God is. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”
ESEGIËL 38:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
ESEGIËL 38:23 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ek sal My voor die oë van al die nasies laat ken as die groot en die heilige God, en hulle sal besef dat Ek die Here is.”
ESEGIËL 38:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal Myself groot en heilig betoon en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies. Hulle sal besef dat Ek die HERE is.” ’
ESEGIËL 38:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sal Ek Myself groot maak en My heilig; en Ek sal bekend word in die oë van baie nasies, en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
ESEGIËL 38:23 DB (Die Boodskap)
Só sal Ek Myself aan die nasies bewys as die sterke God. Al die nasies sal My dan raaksien. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”
ESEGIËL 38:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
So wys Ek hoe groot en heilig Ek is. Baie nasies sal My leer ken. Dan sal hulle besef dat Ek die HERE is.”