ESEGIËL 38:2-3
ESEGIËL 38:2-3 Die Boodskap (DB)
“Mens, kyk na die kant toe daar waar Gog en Magog regeer. Gog en Magog regeer oor die mense van Mesek en Tubal. Sê vir hierdie koning die Here, die God van Esegiël, sê oor hom: Ek is jou vyand, Gog!
ESEGIËL 38:2-3 Bybel vir almal (ABA)
“Mens, jy moet jou gesig draai na Gog van die land Magog. Hy is die hoof-regeerder van die volke Mesek en Tubal. Jy moet my boodskap vir hom bring. Jy moet vir hom sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Gog, hoof-regeerder van die volke Mesek en Tubal, Ek is nou jou vyand.
ESEGIËL 38:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!
ESEGIËL 38:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Mens, draai jou gesig na Magog se land toe, na Gog toe, die hoofregeerder van Mesek en Tubal, tree op as profeet teen hom en sê: So sê die Here my God: Ek gaan teen jou optree, Gog, hoofregeerder van Mesek en Tubal.
ESEGIËL 38:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Mensekind, draai jou gesig na Gog van die land Magog, die hoofleier van Meseg en Tubal, profeteer teen hom en sê, ‘So sê my Heer, die HERE: “Dit is Ek teen jou, Gog, hoofleier van Meseg en Tubal!
ESEGIËL 38:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, die land Magog, die hoofvors van Meseg en Tubal, en profeteer teen hom, En sê: So spreek die HERE; Kyk, ek het dit teen jou, o Gog, hoofvors van Meseg en Tubal!