ESEGIËL 36:16-18
ESEGIËL 36:16-18 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gehoor die Here sê vir my: “Mens, die volk Israel het voorheen in hulle land gewoon. Hulle het toe verkeerd gelewe en die land het onrein geword. Ek het gesien die dinge wat hulle doen, is so onrein soos 'n vrou wat menstrueer. Ek het kwaad geword en Ek het hulle gestraf omdat hulle mense vermoor het in die land en omdat hulle die land onrein gemaak het met afgode.
ESEGIËL 36:16-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid. Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het.
ESEGIËL 36:16-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here het tot my gekom: “Mens, toe Israel nog in hulle land gewoon het, het hulle die land verontreinig met hulle optrede en hulle gedrag. Hulle optrede was in my oë net so onrein as 'n vrou wat menstrueer. Ek het my toorn oor hulle laat losbreek oor die bloed wat hulle vergiet het en oor die afgode waarmee hulle die land verontreinig het.
ESEGIËL 36:16-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woord van die HERE het tot my gekom: “ Mensekind, terwyl die huis van Israel op hulle grond gewoon het, het hulle dit verontreinig met hulle optrede en hulle dade. Soos onreinheid tydens menstruasie, was hulle optrede voor My. Ek het my woede oor hulle uitgestort oor die bloed wat hulle in die land gestort het en oor die afgodsbeelde waarmee hulle dit besoedel het.
ESEGIËL 36:16-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig volgens hulle eie weë en deur hulle handelinge; Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet oor die bloed wat hulle oor die land vergiet het en oor hulle drekgode waarmee hulle dit verontreinig het.
ESEGIËL 36:16-18 Die Boodskap (DB)
Toe het die Here verder vir my gesê: “Mens, toe die volk Israel in hulle land gebly het, het hulle die land onbewoonbaar gemaak met al die slegte dinge wat hulle gedoen het. Hulle slegte dade was soos ’n vuil lap in my hand. Ek kon niks daarmee doen nie. Hulle het die land vuil gemaak deur onskuldige mense dood te maak en voor afgode neer te buig. Daarom het Ek my woede oor hulle uitgestort.
ESEGIËL 36:16-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het verder vir my gesê: “Mensekind, toe die volk Israel in hulle eie land gelewe het, het hulle dit besoedel met hulle optrede. Wat hulle gedoen het, was vir My soos wanneer ’n vrou menstrueer. Hulle het die land besoedel deur moord te pleeg en afgode te aanbid. Daarom het Ek my wraak oor hulle uitgestort.