ESEGIËL 33:7-8
ESEGIËL 33:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Mens, Ek het jou gekies om die wag te wees vir die volk Israel. Wanneer Ek vir jou sê dat jy hulle moet waarsku, dan moet jy dit doen. Wanneer Ek vir iemand wat verkeerd doen, sê dat hy sal sterf, dit is seker, en jy praat nie en jy waarsku hom nie teen sy verkeerde lewe nie, dan is dit daardie persoon se eie skuld dat hy sterf. Maar Ek sal vir jóú straf oor sy dood.
ESEGIËL 33:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy 'n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. As Ek aan die goddelose sê: O Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
ESEGIËL 33:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Mens, Ek het jou die wag vir Israel gemaak. Wanneer jy by My die opdrag ontvang, moet jy hulle namens My waarsku. Wanneer Ek van die goddelose sê dat hy sal sterwe, en jy praat nie en waarsku hom nie oor sy doen en late nie, sal hy deur sy sonde sterf, maar Ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood.
ESEGIËL 33:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Jy, mensekind, as 'n wag het Ek jou aangestel oor die huis van Israel. Jy sal uit my mond die woorde hoor, en dan moet jy hulle van my kant af waarsku. Wanneer Ek vir 'n goddelose sê, ‘Goddelose mens, jy gaan beslis sterf,’ en jy praat nie om die goddelose teen sy pad te waarsku nie – hy, die goddelose, sal dan oor sy sondeskuld sterf; sy bloed sal Ek egter van jou hand eis.
ESEGIËL 33:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So het jy, o mensekind, Ek het vir jou 'n wag vir die huis van Israel aangestel; daarom moet jy die woord uit my mond hoor en hulle van my af waarsku. As Ek vir die goddelose sê: O goddelose, jy sal sekerlik sterwe; as jy nie spreek om die goddelose van sy weg te waarsku nie, sal daardie goddelose in sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
ESEGIËL 33:7-8 Die Boodskap (DB)
“Esegiël, Ek stel jou aan om wag te hou. Jou werk is om te kyk of daar nie ’n vyand aankom wat die land gaan aanval nie. Jou werk is om op die uitkyk te wees en jou volk te waarsku. Jy moet fyn luister na wat Ek sê. En dan moet jy hierdie volk namens My gaan waarsku. Ek gaan dalk vir jou sê dat daar mense is wat aanhou om slegte dinge te doen en dat Ek hulle daarvoor gaan straf. As jy hierdie mense nie waarsku dat hulle moet ophou met slegte dinge en goeie dinge moet begin doen nie, sal hulle doodgemaak word. Ek sal dit doen. Maar jy sal moet betaal omdat hulle dood is, want jy het nie jou werk gedoen nie.
ESEGIËL 33:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Mensekind, Ek maak jou die wag vir die mense van Israel. Luister na wat Ek vir jou sê en waarsku hulle namens My. As Ek sê dat bose mense sal sterf en jy waarsku hulle nie oor hulle optrede nie, sal hulle sterf oor hulle sondes, maar Ek hou jou verantwoordelik vir hulle dood.