ESEGIËL 33:15
ESEGIËL 33:15 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n persoon iets teruggee wat hy geneem het omdat iemand hom nie kon betaal nie, wanneer hy die goed teruggee wat hy by ander mense gevat het, wanneer hy lewe soos Ek wil hê en hy doen nie verkeerd nie, dan sal hy lewe, hy sal nie sterf nie.
ESEGIËL 33:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
gee die goddelose die pand terug, vergoed hy wat geroof is, wandel hy in die insettinge van die lewe, sodat hy geen onreg doen nie — dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
ESEGIËL 33:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
hy gee die goed terug wat hy as waarborg vir skuld gevat het, hy betaal terug wat hy geroof het, hy lewe volgens die voorskrifte wat lewe gee en hy pleeg nie onreg nie, sal hy lewe, hy sal nie sterwe nie.
ESEGIËL 33:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n pand gee hy, die goddelose, terug, wat geroof is, vergoed hy, volgens die vaste voorskrifte wat die lewe gee, tree hy op, en hy doen geen onreg nie – sal hy beslis bly leef; hy sal nie sterf nie.
ESEGIËL 33:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As die goddelose die pand teruggee, gee weer wat hy beroof het, wandel in die insettinge van die lewe sonder om onreg te doen; hy sal sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
ESEGIËL 33:15 Die Boodskap (DB)
As iemand hulle iets geskuld het, het hulle dalk iets waardevols gevat totdat daardie mens wat by hulle geleen het, die skuld kan betaal. Nou gee hierdie mense daardie waardevolle besittings terug. En as hulle iets gesteel het, gaan gee hulle dit ook terug. Hierdie mense doen wat Ek beveel. Ek sal hierdie mense dan nie doodmaak nie. Hulle sal lewe.
ESEGIËL 33:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
soos die goed teruggee wat hulle as waarborg vir skuld gehou het, of terugbetaal wat hulle gesteel het, lewe volgens die wette wat lewe bring en nie doen wat verkeerd is nie; as hulle dit doen, sal hulle beslis lewe en nie doodgemaak word nie.