ESEGIËL 3:27
ESEGIËL 3:27 Bybel vir almal (ABA)
Maar wanneer Ek met jou praat, dan sal Ek jou mond weer oopmaak, en dan moet jy vir hulle sê wat Ek, die Here, sê. Die mense wat wil luister, sal luister, en die mense wat nie wil luister nie, sal nie luister nie, want hulle is 'n opstandige volk.”
ESEGIËL 3:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as Ek met jou spreek, sal Ek jou mond open, en jy moet aan hulle sê: So spreek die Here HERE. Wie hoor, laat hom hoor; en wie dit nalaat, laat hom dit nalaat; want hulle is 'n wederstrewige huis.
ESEGIËL 3:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar wanneer Ek jou die opdrag gee en jou tong losmaak, moet jy vir hulle sê wat Ek, die Here God, sê. Laat dan luister wie wil en laat skouers optrek wie wil: hulle is 'n weerbarstige volk.”
ESEGIËL 3:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wanneer Ek met jou praat, sal Ek jou mond oopmaak. Dan moet jy vir hulle sê, ‘So sê my Heer, die HERE.’ Wie luister, sal luister, en wie verseg om te luister, sal verseg om te luister, want hulle is 'n rebelse huis.”
ESEGIËL 3:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as Ek met jou spreek, sal Ek jou mond oopmaak, en jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE HERE; Wie hoor, laat hom hoor; en wie dit laat staan, laat hom dit laat staan, want hulle is 'n wederstrewige huis.
ESEGIËL 3:27 Die Boodskap (DB)
Maar dan sal die dag kom dat Ek jou die opdrag gee. Dan sal jy weer kan praat. En dan moet jy presies vir jou mense sê wat Ek, die Here jou God, jou beveel het om vir hulle te sê. Party van die volk sal dan na jou luister, terwyl ander hulle nie sal steur aan wat jy sê nie. Want hulle is ’n klomp opstandige mense.”