ESEGIËL 3:11
ESEGIËL 3:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gaan dan na jou volk wat in ballingskap is en sê vir hulle: ‘Dit is wat die oppermagtige HERE sê.’ Doen dit of hulle na jou luister of nie.”
ESEGIËL 3:11 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet na die Judeërs toe gaan wat in Babel is, na jou mense toe, en jy moet met hulle praat en vir hulle sê wat Ek, die Here, sê. Jy moet dit doen, as hulle luister en ook as hulle nie luister nie.”
ESEGIËL 3:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en kom, gaan na die ballinge, na die kinders van jou volk, en spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE — of hulle al luister of nie.
ESEGIËL 3:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
en gaan na die ballinge toe, na jou volksgenote toe; spreek hulle aan, sê vir hulle wat Ek, die Here God, sê, of hulle luister of nie.”
ESEGIËL 3:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gaan dan na die ballinge, na jou volksgenote. Praat met hulle en sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die HERE,’ of hulle nou luister of verseg om te luister.”
ESEGIËL 3:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En gaan, gaan na die ballinge, na die kinders van jou volk, en spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die HERE HERE; of hulle sal hoor, of hulle sal laat staan.
ESEGIËL 3:11 Die Boodskap (DB)
Gaan dan na jou mense toe wat saam met jou gevangenes in die vreemde land, in Babilonië, is. Gaan praat dan met jou mense. En gaan sê vir hulle alles presies soos Ek, die Here hulle God, vir jou gesê het om vir hulle te sê. Gaan sê dit vir hulle, of hulle nou luister of nie.”