ESEGIËL 26:21
ESEGIËL 26:21 Bybel vir almal (ABA)
Ek laat mense bang word wanneer hulle jou sien, en jy sal sterf, jou vyande sal jou verwoes, jy sal verdwyn. Mense sal jou soek, maar hulle sal jou nie kry nie, nooit nie.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
ESEGIËL 26:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar jou sal Ek tot 'n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie meer gevind word nie, spreek die Here HERE.
ESEGIËL 26:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek maak jou 'n voorbeeld wat ander moet afskrik. Dit is klaar met jou. Wie na jou soek, sal jou nie kry nie, nooit weer nie, sê die Here my God.”
ESEGIËL 26:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Verskrikking maak ek jou; jy sal nie meer daar wees nie. Jy sal gesoek word, maar nooit weer gevind word nie.’ Dit is die uitspraak van die Heer, die HERE.”
ESEGIËL 26:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal jou 'n verskrikking maak, en jy sal daar nie meer wees nie; al word daar na jou gesoek, sal jy nooit weer gevind word nie, spreek die HERE HERE.