ESEGIËL 26:16
ESEGIËL 26:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan sal al die vorste van die see van hulle trone afklim en hulle mantels afhaal en hulle veelkleurige klere uittrek; met siddering sal hulle beklee word, op die grond sal hulle sit en elke oomblik sidder en oor jou verbaas wees.
ESEGIËL 26:16 Bybel vir almal (ABA)
Almal wat regeer oor die lande by die see, sal afklim van hulle trone. Hulle sal hulle bo-klere afhaal, hulle sal hulle bont klere afruk, hulle sal bewe en op die grond gaan sit. Hulle sal aanhou bewe, hulle sal skrik wanneer hulle jou sien.
ESEGIËL 26:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al die regeerders aan die see sal van hulle trone afklim, hulle mantels afgooi, hulle spogklere uittrek en skrikbevange op die grond gaan sit. Hulle sal aanhou bewe van ontsetting oor jou.
ESEGIËL 26:16 Die Boodskap (DB)
Dan sal al die regeerders en konings van hierdie dorpe en stede opstaan. En hulle sal al die pragtige, duur klere wat hulle aanhet, uittrek. Vol vrees sal hulle op die grond neerval, so bang sal hulle wees oor wat gebeur het en wat hulle alles gesien het. Hulle sal bewe van vrees, bewe oor wat Ek aan jou gedoen het, Tirus.