ESEGIËL 24:21
ESEGIËL 24:21 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet vir die volk Israel sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Julle is trots op my tempel, julle dink die tempel beskerm julle. Julle is lief vir die tempel en julle is bly dat dit hier is. Maar Ek sal die tempel laat ontwy. Die vyande sal julle wegvat, en julle seuns en dogters wat in die stad oorbly, sal in oorlog sterf.
ESEGIËL 24:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal my heiligdom ontheilig, die glorie van julle sterkte, die lus van julle oë, die medelyde van julle siel; en julle seuns en julle dogters wat julle laat agterbly het, sal deur die swaard val.
ESEGIËL 24:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sê vir Israel: So sê die Here my God: Ek gaan my heiligdom ontwy, julle vesting waarop julle so trots is, wat julle soveel vreugde gee en waarvoor julle so lief is. Julle sal julle seuns en dogters aan hulleself oorlaat, en hulle sal met die swaard doodgemaak word.
ESEGIËL 24:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Sê vir die huis van Israel: “So sê my Heer, die HERE, ‘Kyk, Ek gaan my heiligdom ontheilig, daardie bron van julle verwaandheid, wat so kosbaar is in julle oë en wat die hartstog van julle lewens is. Julle seuns en dogters wat julle daar agtergelaat het, sal val deur die swaard.’
ESEGIËL 24:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Spreek met die huis van Israel: So spreek die HERE HERE; Kyk, Ek ontheilig my heiligdom, die voortreflikheid van jou sterkte, die begeerte van jou oë en wat jou siel jammer kry; en julle seuns en julle dogters wat julle oorgebly het, sal deur die swaard val.
ESEGIËL 24:21 Die Boodskap (DB)
So sê die Here, die God van Esegiël, vir die volk Israel: Ek gaan toelaat dat my eie huis besoedel word. Daardie huis waar Ek gebly het en waarop julle so trots was. Julle kon daar gaan skuil. Julle seuns en julle dogters in Judea sal ook deur die swaard doodgemaak word.
ESEGIËL 24:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
dat ek dié boodskap vir die mense van Israel moet gee. Dit is wat die oppermagtige HERE sê: Ek gaan julle tempel, julle trots, julle vreugde en die blydskap van julle harte, ontheilig. Julle seuns en dogters wat in Judea oorbly, sal in die oorlog omkom.