ESEGIËL 24:16
ESEGIËL 24:16 Bybel vir almal (ABA)
“Mens, Ek weet jy is baie lief vir iemand. Ek wil daardie persoon skielik wegneem, maar jy moenie rou en huil nie, jou trane moenie vloei nie.
ESEGIËL 24:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mensekind, kyk, Ek neem die lus van jou oë van jou af weg deur 'n sware slag; nogtans mag jy nie rouklaag of ween nie, en jou trane mag nie kom nie.
ESEGIËL 24:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Mens, Ek gaan jou vrou wat jou soveel vreugde gee, van jou af wegvat deur 'n skielike dood. Jy mag nie treur en huil nie, nie 'n traan stort nie.
ESEGIËL 24:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Mensekind, kyk, Ek gaan wat jy kosbaar ag, met 'n swaar slag van jou wegneem. Maar jy mag nie rou en treur nie; jou trane mag nie vloei nie.
ESEGIËL 24:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Mensekind, kyk, Ek neem die begeerte van jou oë met 'n slag weg; maar jy mag nie treur en ween nie, en jou trane sal nie loop nie.