ESEGIËL 24:15-18
ESEGIËL 24:15-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woord van die HERE het tot my gekom: “Mensekind, kyk, Ek gaan wat jy kosbaar ag, met 'n swaar slag van jou wegneem. Maar jy mag nie rou en treur nie; jou trane mag nie vloei nie. Sug in stilte. Aan 'n rouplegtigheid vir dooies mag jy nie deelneem nie. Bind jou •tulband om jou kop en trek jou sandale aan jou voete. Moenie jou snor bedek nie, en kos wat mense vir jou bring, mag jy nie eet nie. ” Ek het die oggend met die mense gepraat, en die aand het my vrou gesterf. Ek het die volgende oggend toe gedoen soos ek beveel is.
ESEGIËL 24:15-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here het tot my gekom: “Mens, Ek gaan jou vrou wat jou soveel vreugde gee, van jou af wegvat deur 'n skielike dood. Jy mag nie treur en huil nie, nie 'n traan stort nie. Jy moet in stilte sug, jy mag nie rou nie. Hou jou tulband op en jou skoene aan. Moenie jou baard bedek nie en moenie eet wat mense gewoonlik by so 'n geleentheid eet nie.” Ek het die môre nog met die volk gepraat, en die nag het my vrou gesterf. Ek het die volgende oggend gedoen soos ek beveel is.
ESEGIËL 24:15-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het die HERE vir my gesê: “Mensekind, Ek gaan jou vrou, jou kosbaarste skat, van jou wegneem. Sy sal skielik doodgaan. Maar jy mag op geen manier wys dat jy hartseer is nie. Moenie huil nie. Jy mag nie ’n traan stort nie. Jy mag sug, maar net saggies by jouself. Jy mag ook nie by haar graf huil nie. Moenie doen wat mense doen en eet wat hulle eet as hulle oor die dood van ’n geliefde rou nie.” Ek het dit die volgende môre vir die mense gesê. Daardie aand het my vrou gesterf. Die volgende oggend het ek alles gedoen wat ek beveel is.
ESEGIËL 24:15-18 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gehoor die Here sê vir my: “Mens, Ek weet jy is baie lief vir iemand. Ek wil daardie persoon skielik wegneem, maar jy moenie rou en huil nie, jou trane moenie vloei nie. Jy moet saggies kla en sug sodat niemand jou hoor nie, jy moenie huil en treur nie. Jy moet jou tulband op jou kop hou en jy moet jou skoene aan jou voete hou. Jy moenie jou gesig toemaak nie en jy moenie begrafnis-kos eet nie.” Ek het in die oggend met die volk gepraat, en my vrou het daardie aand gesterf. Die volgende oggend het ek gedoen wat die Here vir my gesê het.
ESEGIËL 24:15-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Mensekind, kyk, Ek neem die lus van jou oë van jou af weg deur 'n sware slag; nogtans mag jy nie rouklaag of ween nie, en jou trane mag nie kom nie. Sug in stilte; oor die dooies mag jy geen rou bedryf nie; bind jou hoofdoek vir jou om en trek jou skoene aan jou voete; jy mag ook die baard nie bedek nie en die brood wat die mense bring, nie eet nie. Toe het ek die môre met die mense gespreek, en die aand het my vrou gesterwe; en ek het die volgende môre gedoen soos dit my beveel was.
ESEGIËL 24:15-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here het tot my gekom: “Mens, Ek gaan jou vrou wat jou soveel vreugde gee, van jou af wegvat deur 'n skielike dood. Jy mag nie treur en huil nie, nie 'n traan stort nie. Jy moet in stilte sug, jy mag nie rou nie. Hou jou tulband op en jou skoene aan. Moenie jou baard bedek nie en moenie eet wat mense gewoonlik by so 'n geleentheid eet nie.” Ek het die môre nog met die volk gepraat, en die nag het my vrou gesterf. Ek het die volgende oggend gedoen soos ek beveel is.
ESEGIËL 24:15-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woord van die HERE het tot my gekom: “Mensekind, kyk, Ek gaan wat jy kosbaar ag, met 'n swaar slag van jou wegneem. Maar jy mag nie rou en treur nie; jou trane mag nie vloei nie. Sug in stilte. Aan 'n rouplegtigheid vir dooies mag jy nie deelneem nie. Bind jou •tulband om jou kop en trek jou sandale aan jou voete. Moenie jou snor bedek nie, en kos wat mense vir jou bring, mag jy nie eet nie. ” Ek het die oggend met die mense gepraat, en die aand het my vrou gesterf. Ek het die volgende oggend toe gedoen soos ek beveel is.
ESEGIËL 24:15-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ook die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Mensekind, kyk, Ek neem die begeerte van jou oë met 'n slag weg; maar jy mag nie treur en ween nie, en jou trane sal nie loop nie. Hou op om te huil, moenie treur oor die dooies nie, bind die band van jou hoof op jou en trek jou skoene aan aan jou voete, en bedek jou lippe nie en eet nie die brood van mense nie. Daarom het ek in die môre met die volk gespreek, en teen die aand het my vrou gesterwe; en ek het in die môre gedoen soos my beveel is.
ESEGIËL 24:15-18 Die Boodskap (DB)
Toe sê die Here vir my: “Mens, Ek gaan jou kosbaarste skat, jou vrou wat jou soveel vreugde gebring het, van jou af wegvat. Sy sal skielik doodgaan. Maar jy mag nie vir een oomblik wys dat jy hartseer is nie. Moenie huil nie. Jy mag geen traan stort nie. Jy mag sug, maar net saggies. Ook as julle haar begrawe, mag jy nie hard huil nie. Jy mag op geen manier verraai dat jou hart stukkend gebreek is deur jou vrou se dood nie. En as vriende jou wil troos of vir jou kos wil bring omdat jou vrou nie meer daar is om vir jou te sorg nie, mag jy dit nie aanvaar nie.” Ek het die volgende oggend vir my mense gesê wat die Here gesê het. En daardie aand is my vrou dood. Die volgende oggend het ek alles presies gedoen soos die Here vir my gesê het om te doen.