ESEGIËL 23:45
ESEGIËL 23:45 Bybel vir almal (ABA)
Manne wat reg doen, moet hierdie vroue oordeel. Hulle moet hulle oordeel soos mense vroue oordeel wanneer hulle egbreuk gepleeg het en mense vermoor het. Want hierdie twee vroue het egbreuk gepleeg en hulle het mense vermoor.”
ESEGIËL 23:45 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En regverdige manne, dié sal hulle vonnis volgens die reg van owerspeelsters en volgens die reg van vroue wat bloed vergiet; want hulle is owerspeelsters, en bloed is aan hulle hande.
ESEGIËL 23:45 Afrikaans 1983 (AFR83)
Regverdige manne moet oor dié vrouens oordeel volgens die bepaling oor owerspel en die bepaling oor bloedvergieting, want hulle het owerspel gepleeg en daar is bloed aan hulle hande.”
ESEGIËL 23:45 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar regverdige mans, hulle sal die vroue veroordeel volgens die vonnis van egbreeksters en die vonnis van hulle wat bloed vergiet. Ja, egbreeksters is hulle, en bloed is aan hulle hande.’ ”
ESEGIËL 23:45 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die regverdige manne, hulle sal hulle oordeel volgens die wyse van owerspeliges en volgens die wyse van vroue wat bloed vergiet; want hulle is owerspelsters, en bloed is in hulle hande.