ESEGIËL 20:4
ESEGIËL 20:4 Bybel vir almal (ABA)
“Mens, sal jy hulle oordeel, sal jy hulle oordeel? Dan moet jy vir hulle vertel van die dinge wat hulle voorvaders gedoen het, dinge wat Ek haat.
ESEGIËL 20:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wil jy hulle oordeel, wil jy oordeel, mensekind? Maak hulle dan die gruwels van hulle vaders bekend
ESEGIËL 20:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Oordeel jý oor hulle, mens, oordeel jý. Vertel vir hulle van die afskuwelike dinge wat hulle voorvaders gedoen het.
ESEGIËL 20:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Sal jy oor hulle regspreek, mensekind, sal jy regspreek? Die afstootlike optrede van hulle voorouers, maak dit aan hulle bekend.
ESEGIËL 20:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wil U hulle oordeel, mensekind, wil U hulle oordeel? laat hulle die gruwels van hulle vaders ken