ESEGIËL 2:3
ESEGIËL 2:3 Die Boodskap (DB)
Hy het gesê: “Mens, Ek stuur jou na die nasie, na Israel toe. Dit is ’n nasie wat aanhoudend teen My in opstand kom. Hulle oupagrootjies en oupas het van die begin af al teen My in opstand gekom. En vandag is die volk Israel steeds in opstand teen My.
ESEGIËL 2:3 Bybel vir almal (ABA)
Hy het vir my gesê: “Mens, Ek stuur jou na die Israeliete toe. Hulle is 'n opstandige volk wat ongehoorsaam is aan My. Hulle en hulle voorvaders wou nie luister na My nie, tot vandag toe.
ESEGIËL 2:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.
ESEGIËL 2:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het vir my gesê: “Mens, Ek stuur jou na die Israeliete toe, 'n opstandige nasie wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorvaders het hulle teen My verset tot op hierdie dag toe.
ESEGIËL 2:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het vir my gesê: “Mensekind, Ek stuur jou na die Israeliete toe, na daardie rebelse nasies wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorouers het teen My oortree tot op die dag van vandag.