ESEGIËL 18:24
ESEGIËL 18:24 Bybel vir almal (ABA)
“En wanneer iemand wat altyd reg gedoen het, ophou om reg te doen en hy doen verkeerd, dan sal hy nie aanhou lewe nie, want hy doen die dinge wat Ek haat, die dinge wat die mense doen wat altyd verkeerd doen. Ek sal nie dink aan alles wat hy gedoen het wat reg was nie. Hy was ontrou en hy het sonde gedoen, daarom sal hy sterf.
ESEGIËL 18:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen — sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.
ESEGIËL 18:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
“En as iemand wat altyd my wil gedoen het, ophou om dit te doen en onreg pleeg en die afskuwelike dinge doen wat die goddelose doen, sal hy nie bly lewe nie. Nie een van die goeie dinge wat hy gedoen het, sal in sy guns tel nie, want hy het ontrou geword en hy sal sterf op grond van sy sonde wat hy gedoen het.
ESEGIËL 18:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Maar wanneer 'n regverdige van sy geregtigheid afwyk en onreg doen in navolging van al die afstootlike dade wat die goddelose gedoen het – sal hy dit doen en leef? Al die geregtigheid wat hy bewys het, sal nie onthou word nie. Deur die troubreuk wat hy pleeg en die sonde wat hy doen, daardeur sal hy sterf.
ESEGIËL 18:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as die regverdige hom bekeer van sy geregtigheid en onreg doen en doen volgens al die gruwels wat die goddelose doen, sal hy lewe? Al sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal nie genoem word nie: deur sy oortreding wat hy begaan het, en in sy sonde wat hy gesondig het, daarin sal hy sterwe.
ESEGIËL 18:24 Die Boodskap (DB)
Maar as die mense wat reg doen, wegdraai en slegte dade begin doen en hulle leef soos die mense wat teen My in opstand is, moet Ek hulle laat lewe? Nee, natuurlik nie. Alles wat hulle voorheen gedoen het, al hulle goeie dade, sal vergeet word. En hulle sal doodgemaak word oor hulle slegte dade.
ESEGIËL 18:24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Maar as regverdige mense omdraai en op die verkeerde paaie gaan loop en slegte dinge begin doen nes ander sondaars, sal hulle toegelaat word om te bly lewe? Nee, natuurlik nie! Al die goeie dinge wat hulle voorheen gedoen het, sal vergete wees. Hulle sal oor hulle ontrouheid doodgemaak word.