ESEGIËL 16:20
ESEGIËL 16:20 Bybel vir almal (ABA)
“Jy het seuns en dogters vir My gekry, maar jy het hulle geneem en jy het hulle ge-offer sodat die ander gode offer-etes kon eet. Jy het ander gode gedien, maar jy wou nog meer vir hulle doen.
ESEGIËL 16:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het jy jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir My gebaar het, en dié aan hulle geoffer om verteer te word. Was dit nie genoeg met jou hoererye nie
ESEGIËL 16:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy het jou seuns en jou dogters wat jy vir My in die wêreld gebring het, gevat en hulle vir die afgode as offermaaltye aangebied. Was jou ontrou nie genoeg nie
ESEGIËL 16:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ “ Toe het jy jou seuns en dogters gevat, dié wat jy vir My in die wêreld gebring het, en jy het hulle aan die beelde geoffer as voedsel. Was jou owerspel nie genoeg nie
ESEGIËL 16:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verder het jy jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir My gebaar het, en dit het jy aan hulle geoffer om geëet te word. Is dit van jou hoererye 'n geringe saak