ESEGIËL 14:3
ESEGIËL 14:3 Bybel vir almal (ABA)
“Mens, hierdie manne is lief vir hulle afgode. Hulle sonde is soos 'n klip waaroor hulle val. Ek wil nie hê hulle moet vir My iets vra nie, niks nie.
ESEGIËL 14:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit — sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?
ESEGIËL 14:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Mens, hierdie manne heg waarde aan afgode. Hulle is so in sonde verval dat hulle net ag gee op hulle afgode. Moet Ek My deur hulle laat raadpleeg?
ESEGIËL 14:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Mensekind, hierdie manne het aan afgodsbeelde 'n plek gegee in hulle harte. Hulle sien nie af van die struikelblok wat hulle sondeskuld meebring nie. Moet Ek My enigsins deur hulle laat raadpleeg?
ESEGIËL 14:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgerig en die struikelblok van hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig gestel; moet Ek my enigsins deur hulle raadpleeg?