ESEGIËL 14:14
ESEGIËL 14:14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dan, selfs al was Noag, Daniël en Job tussen hulle, sou dié drie se regverdige optrede niemand anders gered het behalwe net vir hulleself nie, sê die oppermagtige HERE.
ESEGIËL 14:14 Bybel vir almal (ABA)
As daardie drie manne, Noag, Daniël en Job, nou in die land was, dan sou hulle net hulle eie lewens gered het omdat hulle reg gedoen het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
ESEGIËL 14:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
al was hierdie drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid net hulle eie siel red, spreek die Here HERE.
ESEGIËL 14:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
sou selfs daardie drie manne van ouds, Noag, Daniël en Job wat volgens my wil geleef het, net hulleself in die lewe kon hou, sê die Here my God.
ESEGIËL 14:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
selfs as hierdie drie manne, Noag, Danel en Job in die land was, sou hulle deur hulle geregtigheid net hulle eie lewens red. ” Dit is die uitspraak van my Heer, die HERE.