ESEGIËL 13:8
ESEGIËL 13:8 Bybel vir almal (ABA)
Daarom sê die Here, Hy wat Here is: Ek is téén julle, want julle praat dinge wat nie waar is nie en julle sê julle sien dinge, maar dit is vals.” Dit is wat die Here gesê het.
ESEGIËL 13:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE.
ESEGIËL 13:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Daarom,” so sê die Here my God, “omdat wat hulle sê, vals is en omdat wat hulle as gesigte sien, leuens is, is Ek hulle teenstander,” sê die Here my God.
ESEGIËL 13:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, so sê my Heer, die HERE: “Omdat julle valse uitsprake maak en bedrieglike visioene sien, daarom is dit nou Ek teen julle.” Dit is die uitspraak van my Heer, die HERE.’
ESEGIËL 13:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, so sê die HERE HERE: Omdat julle nietigheid gespreek en leuens gesien het, daarom, kyk, Ek het dit teen julle, spreek die HERE HERE.