ESEGIËL 11:7
ESEGIËL 11:7 Bybel vir almal (ABA)
Die Here, Hy wat Here is, sê: “Julle het dit gedoen, julle het die mense in die stad vermoor. Daarom is húlle die vleis, en die stad is die pot. Maar vir júlle sal Ek uit die stad uitgooi.
ESEGIËL 11:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, so sê die Here HERE: Die wat deur julle verslaan is, wat julle daarin neergelê het, hulle is die vleis, en hierdie stad is die pot, maar júlle sal Ek daar uitbring.
ESEGIËL 11:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Maar,” so sê die Here my God, “die vleis is die mense vir wie julle in die stad doodgemaak het, en die stad is die pot, en vir julle sal Ek daar uithaal.
ESEGIËL 11:7 Die Boodskap (DB)
Daarom, sê die Here julle God nou vir julle, sál die stad wel soos ’n ysterpot word. Die mense wat onder julle slegte dade gely het, is soos stukke vleis wat in die ysterpot gegooi is. Maar julle sal glad nie veilig wees nie. Binnekort sleep Ek julle almal uit die stad uit.