ESEGIËL 10:9
ESEGIËL 10:9 Bybel vir almal (ABA)
Toe ek weer kyk, sien ek vier wiele langs die gerubs. Daar was 'n wiel langs elke gerub. Die wiele het gelyk soos chrisoliet-klip.
ESEGIËL 10:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het ek gekyk — en daar was vier wiele langs die gérubs, telkens een wiel langs elke gérub; en die voorkoms van die wiele was soos dié van chrisoliet.
ESEGIËL 10:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het langs die gerubs vier wiele gesien, een langs elke gerub. Die voorkoms van die wiele was dié van edelstene.
ESEGIËL 10:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe ek kyk, is daar vier wiele langs die gerubs, 'n wiel langs elke gerub! Die wiele het gelyk of hulle soos •chrisoliet-edelstene skitter.
ESEGIËL 10:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe ek kyk, kyk na die vier wiele by die gérubs, een wiel by een gérub en 'n ander wiel by 'n ander gérub; en die voorkoms van die wiele was soos die kleur van 'n berielsteen.