ESEGIËL 10:4
ESEGIËL 10:4 Bybel vir almal (ABA)
Die lig wat om die Here is, het opgegaan van die gerub en dit het bokant die tempel se drumpel gaan staan. Die tempel was vol van die wolk, en die oop stuk grond was vol van die blink lig wat om die Here is.
ESEGIËL 10:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het die heerlikheid van die HERE van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid.
ESEGIËL 10:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die magtige teenwoordigheid van die Here het van bo die gerubs af opgestyg en bokant die tempel se drumpel gaan staan. Die tempel is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die magtige teenwoordigheid van die Here.
ESEGIËL 10:4 Die Boodskap (DB)
Toe het die teenwoordigheid van die Here opgestyg bokant die vier wesens. Die Here het na die deur van sy huis toe gegaan. Die hele huis was vol van die Here se krag. Selfs buitekant die huis van die Here het dit geblink toe die Here daar verskyn het.