ESEGIËL 10:2
ESEGIËL 10:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die gérubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in.
ESEGIËL 10:2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir die man met die linne-klere gesê: “Jy moet tussen die wiele ingaan wat onder die gerubs is en jy moet jou twee hande vol warm kole maak. Dan moet jy die kole oor die stad gooi.” Ek het gesien die man gaan en hy doen dit.
ESEGIËL 10:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het vir die man in linneklere gesê: “Gaan in tussen die wiele onder die gerubs, maak jou twee hande daar tussen die gerubs vol kole en strooi dit oor die stad.” Die man het gegaan terwyl ek kyk.
ESEGIËL 10:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe praat die HERE met die man geklee in linne. Hy het gesê: “Gaan tussen die wiele in, onder die gerubs, en maak jou twee hande daar tussen die gerubs vol gloeiende kole vuur, en strooi dit oor die stad uit. ” Hy het voor my oë daar ingegaan.
ESEGIËL 10:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het met die man wat met linne bekleed was, gespreek en gesê: Gaan in tussen die wiele, onder die gérub, en vul jou hand met vuurkole tussen die gérubs en strooi hulle oor die stad. En hy het voor my oë ingegaan.
ESEGIËL 10:2 Die Boodskap (DB)
Toe sê die Here vir die man wat in sy huis diens gedoen het: “Stap tussen die wiele in wat onder die wesens draai en vat daar ’n hele hand vol van die gloeiende kole. Jy moet hierdie kole oor die stad Jerusalem uitstrooi.” Die man het dit toe gedoen terwyl ek hom dophou.