ESEGIËL 10:1
ESEGIËL 10:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gekyk en toe sien ek iets soos saffierklip bokant die hemeldak wat oor die koppe van die gerubs was. Ek het bokant die gerubs iets gesien wat soos 'n troon lyk.
ESEGIËL 10:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAARNA het ek gekyk — en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos 'n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van 'n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.
ESEGIËL 10:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sien toe bokant die gewelf bo die koppe van die gerubs iets soos saffier met die vorm van 'n troon. Dit was sigbaar bokant die gerubs.
ESEGIËL 10:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe ek kyk, is daar bo die koepel wat oor die gerubs se koppe was, iets soos •lasuursteen in die vorm van 'n troon! Dit was sigbaar bo die gerubs.
ESEGIËL 10:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het ek gekyk, en kyk, in die uitspansel wat bo die kop van die gérubs was, het daar oor hulle verskyn soos 'n saffiersteen, soos die voorkoms van die gelykenis van 'n troon.