ESEGIËL 1:1
ESEGIËL 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek was tussen die Judeërs by die Kebar-kanaal in die land Babel. Die hemel het oopgegaan, en God het vir my dinge gewys. Dit was in die 30ste jaar, op die vyfde dag van die vierde maand.
ESEGIËL 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien.
ESEGIËL 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die vyfde van die vierde maand, in die dertigste jaar, was ek tussen die ballinge aan die Kebarrivier. Die hemel het oopgegaan en ek het gesigte gesien wat van God af kom.
ESEGIËL 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde dag van die maand, was ek tussen die ballinge langs die Kebarrivier. Die hemel het toe oopgegaan, en ek het visioene van God gesien.
ESEGIËL 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde dag van die maand, toe ek onder die gevangenes was by die Kebarrivier, het die hemel oopgegaan en ek gesigte van God gesien.
ESEGIËL 1:1 Die Boodskap (DB)
My naam is Esegiël. Ek is ’n boodskapper van God. My pa se naam is Busi. Ek is in 597 v.C. deur die Galdeërs as ’n gevangene uit my land weggevoer na ’n vreemde land saam met ’n klomp ander van my volk. Op die 31ste Julie 593 v.C., toe ek 30 jaar oud was en as priester in die tempel kon begin werk het, het iets met my gebeur.