EKSODUS 9:23-24
EKSODUS 9:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Moses het sy kierie opgesteek in die lug. Die Here het donderweer en hael gestuur, en die weerlig het op die aarde geslaan. Die Here het baie hael laat val op Egipte. Dit het baie gehael, en die weerlig het na al die kante toe geslaan. Daar was nog nooit so baie weerlig en hael in die hele Egipte nie, vandat daar mense woon.
EKSODUS 9:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën. En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan 'n volk behoort het nie.
EKSODUS 9:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Moses sy kierie in die lug opsteek, het die Here donderslae en hael gestuur, en die blitse het tot op die grond geslaan. Die Here het die haelstorm oor Egipte laat losbars. Die hael het geval; tussen die hael deur het die een blits op die ander gevolg, so erg soos dit nog nooit was vandat daar mense in Egipte woon nie.
EKSODUS 9:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het toe sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donderslae en hael beskik, terwyl weerligstrale op die grond neerslaan. Die HERE het hael op Egipteland laat neerreën. Daar was hael, en tussen die hael deur het weerligstrale aanhoudend geblits. Dit was 'n baie swaar haelbui, soos wat daar nog nooit in Egipteland was vandat hulle 'n nasie geword het nie.
EKSODUS 9:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donderweer en hael gestuur, en die vuur het op die aarde geloop; en die HERE het hael oor Egipteland laat reën. En daar was hael en vuur gemeng met die hael, baie swaar, soos daar nie so iemand in die hele Egipteland was vandat dit 'n nasie geword het nie.
EKSODUS 9:23-24 Die Boodskap (DB)
Toe Moses sy kierie na die lug uitsteek, het die Here weerligslae en hael laat kom. Blitse het op die aarde geslaan. Die Here het ’n yslike haelstorm oor Egipte laat losbars. Daar was ’n storm met haelstene en onophoudelike weerlig oor die hele Egipte soos daar nog nooit tevore was nie.
EKSODUS 9:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses het toe sy stok in die lug opgesteek. Die HERE het toe donderweer en hael laat kom en weerlig oor die hele aarde laat uitslaan. Die HERE het ’n geweldige haelstorm oor die hele Egipte laat losbars. Daar was nog nooit in Egipte se geskiedenis so ’n groot haelstorm met soveel onophoudelike weerlig nie.