EKSODUS 9:19
EKSODUS 9:19 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet nou jou bokke en jou ander diere na 'n veilige plek neem, ook al jou goed wat buite in die veld is. Die hael sal val op al die mense en diere in die veld, op almal wat nie onder 'n dak is nie. Die hael sal hulle doodslaan.”
EKSODUS 9:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie — op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.
EKSODUS 9:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat nou al jou vee en alles wat buite is, na veiligheid bring. Al die mense en diere wat buite is en nie onder dak gebring is nie, sal deur die hael doodgeslaan word.”
EKSODUS 9:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Stuur dan nou mense, en bring jou vee en alles in die veld wat aan jou behoort, na veiligheid. Elke mens en dier wat hom in die veld bevind en nie na veiligheid gebring is nie – op hulle sal die hael val en hulle sal sterf.” ’ ”
EKSODUS 9:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Stuur dan nou en maak jou vee bymekaar en alles wat jy in die veld het; want op elke mens en dier wat in die veld gevind word en nie tuisgebring word nie, sal die hael op hulle neerdaal, en hulle sal sterwe.