EKSODUS 8:11 - Compare All Versions
EKSODUS 8:11 ABA (Bybel vir almal)
Die paddas sal weggaan van jou en van jou huise en van jou amptenare en van jou mense. Net die paddas in die Nyl-rivier sal oorbly.”
EKSODUS 8:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.
EKSODUS 8:11 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die paddas sal van u af weggevat word, van u huise, u amptenare en u mense af; net in die Nyl sal daar nog paddas oorbly.”
EKSODUS 8:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die paddas sal weggaan van u af en uit u huise uit, weg van u amptenare en u mense. Net in die Nyl sal daar van hulle oorbly.”
EKSODUS 8:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die paddas sal van jou en van jou huise en van jou dienaars en van jou volk weggaan; hulle mag net in die rivier bly.
EKSODUS 8:11 DB (Die Boodskap)
Die paddas sal van u, u huis, u werkers en u volk af weggaan en weer in die rivier gaan bly.”
EKSODUS 8:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Al die paddas wat by u en in u huise en by u werkmense en u volk is, sal verdwyn. Net dié wat in die rivier is, sal oorbly.”