EKSODUS 7:9
EKSODUS 7:9 Bybel vir almal (ABA)
“Wanneer die farao vir julle sê julle moet 'n teken wys, dan moet jy vir Aäron sê: ‘Neem jou kierie en gooi dit op die grond voor die farao. Die kierie sal in 'n slang verander.’ ”
EKSODUS 7:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As Farao met julle spreek en sê: Doen tog 'n wonderteken vir julleself — dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou staf en gooi dit voor Farao neer; dan sal dit 'n slang word.
EKSODUS 7:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As die farao vir julle sê: ‘Doen bietjie 'n wonderteken,’ moet jy vir Aäron sê: Vat jou kierie en gooi dit voor die farao neer dat dit 'n groot slang word.”
EKSODUS 7:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“As die farao met julle praat en sê, ‘Doen julle 'n teken!’ dan moet jy vir Aäron sê, ‘Neem jou staf en gooi dit voor die farao neer, dan sal dit 'n slang word.’ ”
EKSODUS 7:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wanneer Farao met jou spreek en sê: Doen vir jou 'n wonderteken, dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou staf en gooi dit voor Farao neer, en dit sal 'n slang word.